Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 60

Bible Study - Psalms 60 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Lelie van die Getuienis." 'n Gedig van Dawid, om te onderrig. (60:2) Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalf duisend. (60:3) o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!
  
2. (60:4) U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!
  
3. (60:5) U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.
  
4. (60:6) U het aan die wat u vrees, 'n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.
  
5. (60:7) Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!
  
6. (60:8) God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.
  
7. (60:9) Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.
  
8. (60:10) Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa!
  
9. (60:11) Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?
  
10. (60:12) Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.
  
11. (60:13) Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid.
  
12. (60:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES