|
|
Psalms, Chapter 62
1. Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedútun." 'n Psalm van Dawid. (62:2) Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.
2. (62:3) Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.
3. (62:4) Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur?
4. (62:5) Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.
5. (62:6) Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
6. (62:7) Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.
7. (62:8) By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
8. (62:9) Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela.
9. (62:10) Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.
10. (62:11) Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!
11. (62:12) Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort,
12. (62:13) en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|