|
|
Psalms, Chapter 63
1. 'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. (63:2) o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.
2. (63:3) Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.
3. (63:4) Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
4. (63:5) Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.
5. (63:6) Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe
6. (63:7) as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
7. (63:8) Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
8. (63:9) My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
9. (63:10) Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.
10. (63:11) Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word.
11. (63:12) Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|