Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 64

Bible Study - Psalms 64 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. (64:2) Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand.
  
2. (64:3) Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;
  
3. (64:4) wat hulle tong skerp maak soos 'n swaard, hulle pyl rig -- bitter woorde! --
  
4. (64:5) om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.
  
5. (64:6) 'n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?
  
6. (64:7) Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart!
  
7. (64:8) Maar God tref hulle met 'n pyl, skielik is hulle wonde daar.
  
8. (64:9) En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof.
  
9. (64:10) En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen.
  
10. (64:11) Die regverdige sal bly wees in die HERE en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES