Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 71

Bible Study - Psalms 71 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. By U, o HERE, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie!
  
2. Red my deur u geregtigheid en bevry my; neig u oor tot my en verlos my!
  
3. Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.
  
4. My God, red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar.
  
5. Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af.
  
6. Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur.
  
7. Ek was vir baie soos 'n wonder; maar U is my magtige toevlug.
  
8. My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem.
  
9. Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie.
  
10. Want my vyande praat van my, en die wat op my lewe loer, hou saam raad
  
11. en sê: God het hom verlaat; agtervolg en gryp hom, want daar is geen redder nie!
  
12. o God, wees nie ver van my af nie; my God, maak tog gou om my te help!
  
13. Laat hulle wat my as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat my ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande.
  
14. Maar ék sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder.
  
15. My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie.
  
16. Ek sal kom met die magtige dade van die Here HERE; ek sal u geregtigheid vermeld, dié van U alleen.
  
17. o God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders.
  
18. En ook tot die ouderdom en die grysheid toe -- o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.
  
19. Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o God, wie is soos U?
  
20. U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.
  
21. Vermeerder my grootheid, en wend U om en troos my.
  
22. So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel!
  
23. My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer, en my siel, wat U verlos het.
  
24. Ook sal my tong u geregtigheid die hele dag prys, want hulle het beskaamd gestaan, want hulle wat my ongeluk soek, het rooi van skaamte geword.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES