Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 72

Bible Study - Psalms 72 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Van Salomo. o God, gee aan die koning u regte en u geregtigheid aan die seun van die koning.
  
2. Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg.
  
3. Die berge sal vrede dra vir die volk, en die heuwels, deur geregtigheid.
  
4. Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel.
  
5. Hulle sal u vrees solank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag.
  
6. Hy sal neerdaal soos reën op die grasveld, soos buie -- 'n swaar reën op die aarde.
  
7. In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie.
  
8. En hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot by die eindes van die aarde.
  
9. Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyande sal die stof lek.
  
10. Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring.
  
11. Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.
  
12. Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie.
  
13. Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red.
  
14. Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.
  
15. Mag hy dan lewe! en mag hulle aan hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir hom bid; mag hulle die hele dag hom seën!
  
16. Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die Líbanon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde!
  
17. Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseën word, hom gelukkig prys!
  
18. Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, wat alleen wonders doen!
  
19. En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen.
  
20. Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES