Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 74

Bible Study - Psalms 74 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. 'n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?
  
2. Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.
  
3. Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.
  
4. U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.
  
5. Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome.
  
6. En nou -- die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.
  
7. Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.
  
8. Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.
  
9. Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.
  
10. Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?
  
11. Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!
  
12. Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.
  
13. U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.
  
14. U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk -- vir woestyndiere.
  
15. U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog.
  
16. Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel.
  
17. U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer.
  
18. Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en 'n dwase volk het u Naam verag.
  
19. Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.
  
20. Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.
  
21. Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.
  
22. Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas.
  
23. Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie -- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES