|
|
Psalms, Chapter 75
1. Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." 'n Psalm van Asaf. 'n Lied. (75:2) Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.
2. (75:3) As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.
3. (75:4) Al wankel die aarde en al sy bewoners -- Ék het sy pilare vasgestel. Sela.
4. (75:5) Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!
5. (75:6) Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.
6. (75:7) Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie....
7. (75:8) maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.
8. (75:9) Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.
9. (75:10) Maar ék sal vir ewig verkondig -- ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.
10. (75:11) En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|