Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 77

Bible Study - Psalms 77 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedútun." 'n Psalm van Asaf. (77:2) My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.
  
2. (77:3) Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word.
  
3. (77:4) As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, dan versmag my gees. Sela.
  
4. (77:5) U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.
  
5. (77:6) Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare.
  
6. (77:7) Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:
  
7. (77:8) Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?
  
8. (77:9) Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag?
  
9. (77:10) Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.
  
10. (77:11) Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!
  
11. (77:12) Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd
  
12. (77:13) en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.
  
13. (77:14) o God, u weg is in heiligheid. Wie is 'n groot God soos God?
  
14. (77:15) U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.
  
15. (77:16) U het u volk met 'n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef. Sela.
  
16. (77:17) Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.
  
17. (77:18) Die wolke het water uitgegiet, die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg.
  
18. (77:19) U rollende donder het weerklink; bliksems het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe.
  
19. (77:20) U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie.
  
20. (77:21) U het u volk soos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES