|
|
Psalms, Chapter 76
1. Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied. (76:2) God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel.
2. (76:3) Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.
3. (76:4) Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela.
4. (76:5) Glansryk is U, heerlik van die roofberge af!
5. (76:6) Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie.
6. (76:7) Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak.
7. (76:8) U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?
8. (76:9) Uit die hemel het U 'n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword,
9. (76:10) toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela.
10. (76:11) Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself.
11. (76:12) Doen geloftes en betaal dié aan die HERE julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike,
12. (76:13) wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|