|
|
Psalms, Chapter 82
1. 'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.
2. Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela.
3. Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.
4. Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.
5. Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel.
6. Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste --
7. nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.
8. Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|