|
|
Psalms, Chapter 87
1. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge.
2. Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.
3. Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.
4. Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus -- hierdie een is daar gebore.
5. En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.
6. Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.
7. En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|