Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 86

Bible Study - Psalms 86 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. 'n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.
  
2. Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.
  
3. Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.
  
4. Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.
  
5. Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
  
6. HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.
  
7. In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.
  
8. Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.
  
9. Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;
  
10. want U is groot en doen wonders, U alleen is God.
  
11. Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.
  
12. Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;
  
13. want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.
  
14. o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.
  
15. Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.
  
16. Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.
  
17. Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES