Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 9

Bible Study - Psalms 9 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier; op die wysie van: "Sterf vir die Seun". 'n Psalm van Dawid. (9:2) Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.
  
2. (9:3) In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,
  
3. (9:4) omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.
  
4. (9:5) Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!
  
5. (9:6) U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.
  
6. (9:7) Die vyande het omgekom -- puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.
  
7. (9:8) Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.
  
8. (9:9) En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
  
9. (9:10) So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.
  
10. (9:11) En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!
  
11. (9:12) Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.
  
12. (9:13) Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.
  
13. (9:14) Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;
  
14. (9:15) sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.
  
15. (9:16) Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.
  
16. (9:17) Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela.
  
17. (9:18) Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.
  
18. (9:19) Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.
  
19. (9:20) Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word!
  
20. (9:21) o HERE jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES