|
|
Psalms, Chapter 8
1. Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid. (8:2) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
2. (8:3) Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.
3. (8:4) As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het --
4. (8:5) wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
5. (8:6) U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
6. (8:7) U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
7. (8:8) skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,
8. (8:9) die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.
9. (8:10) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|