Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 90

Bible Study - Psalms 90 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. 'n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag.
  
2. Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.
  
3. U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!
  
4. Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak.
  
5. Weggespoel het U hulle; hulle word 'n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:
  
6. in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny 'n mens dit af, en dit verdor.
  
7. Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.
  
8. U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig.
  
9. Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte.
  
10. Die dae van ons jare -- daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.
  
11. Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?
  
12. Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!
  
13. Keer terug, HERE! Tot hoe lank? En ontferm U oor u knegte.
  
14. Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.
  
15. Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil gesien het.
  
16. Laat u werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders.
  
17. En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES