Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 91

Bible Study - Psalms 91 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
  
2. Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
  
3. Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
  
4. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser.
  
5. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
  
6. vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
  
7. Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand -- na jou sal dit nie aankom nie.
  
8. Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
  
9. Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
  
10. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
  
11. want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
  
12. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
  
13. Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
  
14. Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
  
15. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
  
16. Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES