Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 92

Bible Study - Psalms 92 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. 'n Psalm. 'n Lied vir die sabbatdag. (92:2) Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste,
  
2. (92:3) om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte;
  
3. (92:4) by die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter.
  
4. (92:5) Want U het my bly gemaak, HERE, deur u dade; ek jubel oor die werke van u hande.
  
5. (92:6) Hoe groot is u werke, o HERE; baie diep is u gedagtes!
  
6. (92:7) 'n Dom mens weet nie, en 'n dwaas verstaan dit nie:
  
7. (92:8) as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.
  
8. (92:9) Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, HERE!
  
9. (92:10) Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.
  
10. (92:11) Maar U verhoog my horing soos van 'n buffel; ek is met vars olie gesalf.
  
11. (92:12) En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan.
  
12. (92:13) Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder op die Líbanon.
  
13. (92:14) Geplant in die huis van die HERE, sal hulle groei in die voorhowe van onse God.
  
14. (92:15) In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees,
  
15. (92:16) om te verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES