|
|
Psalms, Chapter 46
1. Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied. (46:2) God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
2. (46:3) Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.
3. (46:4) Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.
4. (46:5) Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
5. (46:6) God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
6. (46:7) Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.
7. (46:8) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.
8. (46:9) Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,
9. (46:10) wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
10. (46:11) Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.
11. (46:12) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|