|
|
Psalms, Chapter 47
1. Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. (47:2) Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!
2. (47:3) Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, 'n groot Koning oor die hele aarde.
3. (47:4) Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.
4. (47:5) Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.
5. (47:6) God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank.
6. (47:7) Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!
7. (47:8) Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met 'n onderwysing.
8. (47:9) God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.
9. (47:10) Die edeles van die volke het vergader -- 'n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|