Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 7

Bible Study - Psalms 7 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Sjiggajon van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet. (7:2) HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;
  
2. (7:3) sodat hy nie soos 'n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie.
  
3. (7:4) HERE, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is,
  
4. (7:5) as ek hóm kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was),
  
5. (7:6) mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela.
  
6. (7:7) Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!
  
7. (7:8) En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!
  
8. (7:9) Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.
  
9. (7:10) Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
  
10. (7:11) My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.
  
11. (7:12) God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.
  
12. (7:13) As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee
  
13. (7:14) en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens.
  
14. (7:15) Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens.
  
15. (7:16) Hy het 'n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het.
  
16. (7:17) Die onheil wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer.
  
17. (7:18) Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES