Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 84

Bible Study - Psalms 84 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. (84:2) Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare!
  
2. (84:3) My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.
  
3. (84:4) Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God!
  
4. (84:5) Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.
  
5. (84:6) Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.
  
6. (84:7) As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.
  
7. (84:8) Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.
  
8. (84:9) HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.
  
9. (84:10) o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.
  
10. (84:11) Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.
  
11. (84:12) Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.
  
12. (84:13) HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES