|
|
Psalms, Chapter 85
1. Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. (85:2) U het, o HERE, 'n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander.
2. (85:3) U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.
3. (85:4) U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.
4. (85:5) Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!
5. (85:6) Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?
6. (85:7) Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?
7. (85:8) Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!
8. (85:9) Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!
9. (85:10) Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.
10. (85:11) Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.
11. (85:12) Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.
12. (85:13) Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings.
13. (85:14) Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|